Word deel van ons Sandfamilie

Net soos verskillende kleure sandkorrels saam een woestyn maak, is ons saam een familie; nie omdat ons dieselfde is nie maar omdat dit dieselfde hand is wat ons vorm - dié van Jesus Christus.

Volgende stappe

GROEPLEWE

Verskillende maniere om te Behoort

 

Wanneer jy ‘n kerkfamilie vind waar jy tuis voel, is dit net die eerste stap. Dit beteken dat jy God beleef het, Hom beter wil leer ken en ook saam met mede-gelowiges in Christus wil groei. Die uitdagings van die lewe hier in die Sandland skep geleentheid om te groei en ons bied op verskillende plekke ruimtes om by in te skakel. In groepe bemoedig ons mekaar, ons kuier rondom die Woord van God en ons bid saam. Vir enige verder navrae rondom Groeplewe kontak gerus die Sekretaresse.

GELOOFSFAMILIES

Geloofsfamilies

Die kern van ons groeplewe is ons selgroepe of soos ons dit noem, geloofsfamilies. Ons kom gewoonlik een keer per week bymekaar. Ons gesels meesal oor ons Vrydagboodskap en die Bybelboek wat ons saam lees as ons Daaglikse Brood. Ons bid saam. Families, jong getroudes, enkellopendes – daar is geleentheid vir almal om in te skakel.

OM DEEL TE WORD VAN DIE GELOOFSFAMILIES, KONTAK ONS GERUS:

Trudie le Roux | +971 56 6547704

KRUISKINDERS

KruisKinders

Dit is belangrik dat die ontmoetings met God vir die kinders ‘n ervaring sal wees. Vir dié doel deel ons die kinders, volgens hulle ouderdomme, in meer funksionele groepe in. Daar is ’n KruisKindererediens vir kinders ouderdom 4-10 jaar oud om 09h00. 

Tienerkinders (11-15 jaar) woon die eerste gedeelte van die erediens by saam met hulle ouers en daarna word geloofsvorming deur n dieper verwerking gefasiliteer bespreking. Hulle staan bekend as die arende. Dit is vir ons belangrik dat die tieners hulle geloofslewe met hulle ouers deel en daarom ook sal deel in die erediens belewenis.

 

Kontak gerus vir Trudie vir meer inligting en ook as jy deel wil wees van ons mentorspan. Dit sal vir ons wonderlik wees!

OM DEEL TE WORD VAN DIE KINDER EN – JEUGBEDIENING, KONTAK ONS GERUS:

Trudie le Roux | +971 56 6547704

MANNE WAT BID IN DIE WOESTYN

Manne wat bid in die woestyn

Elke maand vergader die manne-mentorsgroep in die woestyn om saam te bid. Gedurende die maand kuier die mentorsgroep 2-2 saam. Op dié wyse word ‘n geloofsnetwerk gevorm.

Skakel Christé de Wet, indien jy by die Mannebediening wil inskakel. Eenmaal per jaar is daar ‘n Mannekamp in die Liwa woestyn. Dit word gewoonlik aangebied in die Dubai winter.

 

OM DEEL TE WORD VAN DIE MANNEBEDIENING KONTAK ONS GERUS:

Trudie le Roux | +971 56 6547704

VROUEBYBELSTUDIE

 

Vrouebybelstudie

Ons het ‘n bedrywige Vrouebediening. Vroue is betrokke by Bybelstudie, Vrouedag en ’n verskeidenheid van gemeentefeeste wat ons deur die jaar aanbied.

Ons gesels, lag, ondersteun en bid graag saam. Kom deel in die saamwees, familiewees en vrouwees.

 

OM DEEL TE WORD VAN DIE VROUEBEDIENING KONTAK ONS GERUS:

Trudie le Roux | +971 56 6547704

SENDINGWERK

Sendingwerk

Jesus se sending-opdrag in Matt 28:19 is duidelik.  Ons wat Sy dissipels is, moet die goeie Nuus versprei na elke volksgroep in die wêreld.  Hier by Dubai Afrikaanse Kerk, glo ons dat God ons hier geplaas het om Sy getuies te wees. Ons wil nie net draers van die Lewende Water hier wees nie - ons wil God se Woord saai, vanaf Dubai tot aan die einde van die wêreld.

’n Reuse taak wag, want van die ongeveer 16 900 mense-groepe in die wêreld, is ongeveer 6 900 groepe nog onbereik.

Deel van ons getuienis vir die Evangelie van Jesus Christus is dus ook om sendelinge in die onbereikte groepe in die wêreld te ondersteun.

 

Ons doen dit graag deur 'n persentasie van die kerk se inkomste terug te saai in sendingwerk.

 

Ons gemeente ondersteun tans 6 sendelinge wat werk in onderskeidelik Thailand, Indië, Laos, Burma, China, Egipte, Sudan, Suid Afrika, Jemen, Madagaskar, en Ugand. Ons konsentreer op die opleidingvan kerkplanters. Verlede jaar is daar 500 kerkplanters opgelei. Ons fokus veral op onbereikte groepe regoor die wêreld.  

Dubai Afrikaanse Kerk is ‘n selfonderhoudende gemeente

Finansies

 

Elektroniese Betalings

Kollekte

Feesoffers

Die finansies word deur die finansiële komitee behartig.

Die kerk steun op weeklikse kollekte, maandelikse dankoffers en ander feesoffers. 

Lidmate word aangemoedig om hul maandelikse dankoffer met Internetbetaling (EFT) te doen aangesien dit deurlopende kontantvloei dwarsdeur die jaar vergemaklik. 

Wees deel van verandering

Ons wil jou graag verwelkom as deel van ons Sandland Familie by enige van ons Behoort-groepe. Kom ervaar die liefde van Jesus Christus wat ons aanmekaar weef, saam met ons.

Share This
× Hoe kan ons help?