ONS IS FAMILIE IN CHRISTUS
Daar is min dinge wat so lekker is as om in jou moedertaal te kan bid, te kan sing en
Bybel te lees! Dubai Afrikaanse Kerk is geroep om jou naaste familie in die Sandland te wees!
Ons Eredienste is beskikbaar op al ons Digitale Platforms elke Sondagoggend 9h00
God
Loof en prys Hom, want Hy is goed. Maak Hom groot, want Hy is Majesteit
ONS
Saam gaan ons lag, saam gaan ons huil en saam gaan ons juig
JY
Ontwikkel jouself tot die volle potensiaal waarmee God jou geskep het, maak vriende, word familie en groei saam
EREDIENS OP VRYDAE
Die erediens op Vrydae is bedoel om ‘n bewustelike ontmoeting met God te wees wat ons verander laat huis toe gaan!
Ons is so dankbaar vir ‘n wonderlike vergaderruimte in die Agenda: Abdullah Omran Taryam St – corner Al Jaddi St – Jesus het gesê waar twee of drie in my Naam vergader – daar sal Ek wees.
Ons kom bymekaar om die Here ons God – ons Abba-Vader te aanbid en Sy naam te loof en prys. Dit doen ons hoofsaaklik in Afrikaans.
Christus is ons Voorbeeld en Verlosser. Daarom wil ons in elke ontmoeting en in elke preek vir Jesus sien.
Die Heilige Gees is God se Gees in ons. Daarom wil elke preek ons begelei na verandering. Ons lees en preek weekliks uit die Woord wat God vir ons gegee het. Deur die Gees word hierdie Woord vir ons lewendig.
Na die erediens kuier ons saam rondom ‘n koppie koffie.
ONS STORIE
Een van die kosbaarste lewensnoodhede in die woestynland waarin ons woon is nie olie of goud nie, maar WATER. Deur die eeue het water Arabië se mense se lewens en woonplekke bepaal. Dis gestoor en aangedra in kleipotte. Jesus het gekom om mense se geestelike dors vir ewig te les. Die dors na God en liefde. Die eerste mense met wie hy direk gepraat het was hoeka ‘n vrou by ‘n put wat water kom skep het vir haarself en haar huishouding. As navolgers van Christus is ons hier om draers van hierdie Lewende water te wees: Vir die Afrikaanse mense om ons, vir die mede ekspats, vir die Emirate, die Arabiere maar ook vir die res van die wêreld. Ons gemeentekleipot met ons unieke witkruis op , vertel die storie in een prentjie.
ONS GLO
In ’n Christelike lewe wat sin maak en saak maak. Om ’n hart te hê vir ongelowige mense, hier in Dubai tot aan die einde van die aarde.
Ons Glo In:
WEES lief vir die here wees lief vir mekaar
ONS
GEMEENTE-BELYDENIS
Soos ‘n wildsbok wat smag na water, só smag ons na u, O God. In dié woestynland les ons ons dors by die fontein van die
Lewende Water. Christus Jesus lei ons na waters waar rus is.
Hy gee ons nuwe krag. Hy is ons ingang na die Vader. Ons versorg mekaar in liefde.
Ons onderrig mekaar in wysheid. Ons help mekaar in die vreemde. Saam laat ons die Koninkryk kom.
Die Heilige Gees maak ons draers van die Lewende Water van Dubai tot aan die einde van die aarde,
sodat almal wat dors het kom en drink uit die fontein.
Leierskap
Ons Leiers
Ons is bevoorreg om die liefde van Christus en ons getuienis, in Afrikaans, hier met mekaar te deel. Ons nooi jou uit om gerus by ons gemeente aan te sluit en te deel in hierdie heilige avontuur! – Dr Deon Bester
DR. DEON EN SUSAN BESTER
Leraar | Gebed
TRUDIE LE ROUX
DAK Sekretaresse | KruisKinders
DANIE DE KOCK
Finansiële diensgroep
PIETER SWANPOEL
Voorsitter | Sending en Uitreik
KOMMUNIKASIE
Ons maak gebruik van WhatsApp vir alle kommunikasie dmv ‘n uitsaaigroep. Dit is belangrik om beide die leraar en die sekretaresse se nommers as kontakte op jou selfoon te hê.
Vir enige verder navrae skakel gerus vir:
Sekretaresse – Trudie le Roux 056 654 7704