WELKOM BY DUBAI AFRIKAANSE KERK

Daar is min dinge wat so lekker is as om in jou moedertaal te kan bid, te kan sing en

Bybel te lees! Dubai Afrikaanse Kerk is geroep om jou naaste familie in die Sandland te wees!

Welkom NuwelingBiblioteek

In Persoon Diens

Sondae 09h00

Millennium Copthorne Lakeview hotel in the Green Community, Dubai

Ons Doel

Die Dubai Afrikaanse Kerk wil die Oase van Lewende Water in die woestyn wees vir jou en jou gesin. Ons doen dit deur spesifieke ruimtes te skep, waarin jy saam met die res van die gemeente, in geloof kan groei, dit kan uitleef, uitdra en geniet.
Ons kom uit verskillende Christelike kerkverbande of denominasies en ons kom ook van verskillende plekke af; uit Suid Afrika asook uit die res van die wêreld. Ons geniet dit om in Afrikaans kerk te hou en saam te aanbid en te kuier.

‘n Moedertaalkerk is een van die geskenke waardeur God nog altyd die evangelie laat gedy het. Dit is vir ons wonderlik om in hierdie Moslem-Arabiese en ander-talige wêreld, God in ons moedertaal te kan aanbid.


Wat ons as gemeentelede in gemeen het:

1. Ons liefde vir God, ons Vader.

2. Ons geloof dat Christus se offer aan die kruis nie net ons sondes weggeneem het nie, maar ons ook ewige toegang gee tot ‘n lewe saam met die Drie-Enige God, nou en vir ewig.

3. Ons belewenis dat die Heilige Gees ons as opstandingsmense gedurig verander en verbeter, om soos Jesus te wees: ‘n liefdevolle, vredevolle, wyse mens wat ruimte skep vir ander om in te lewe.

Biblioteek

God se stem in die Woestyn

Kom kyk gerus die week se preek saam met ons.

Die funksie van ons biblioteek is om jou te help om jouself te bemagtig. Jy kan hierdie materiaal gebruik om te groei in jou geloof deur meer kennis op te doen, deur geïnspireer te word, deur antwoorde te vind op moeilike vrae wat jy het.

Biblioteek

Bestel die Bybel in ‘n Neutedop reeks

Kom word deel van ons Sandland familie

 

“…en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.”
  – EFESIËRS 4:16 

Beleef, Behoort, Bedien, Bemagtig, Bydrae, Beïnvloed


Share This
× Hoe kan ons help?